
Gebed werk en help met genesing
Hier is ‘n skakel na die voorgestelde gratis e-boek “Gebed: Wat leer die Bybel?” https://www.cogwriter.com/Prayer.pdf Glo dit of nie! In ‘n wetenskaplike studie is bewys dat gebed hartpasiënte wat daagliks vir gebid is (sonder dat hulle dit geweet het) werklik help om beter te vaar, met minder komplikasies as diegene vir wie nie gebid is nie. Dit is ‘n verbasende wetenskaplike bewys van die krag van gebed! ‘n Vraag wat die moeite werd is om te vra, is dit: sou dit selfs moontlik wees as daar nie ‘n God was nie? In hierdie video gebruik Dr. Thiel die Skrif sowel as wetenskaplike studies om lig te werp op die krag van gebed. Hy verduidelik verder hoe God ons gebede beantwoord. Soms antwoord Hy soos ons wil hê en soms antwoord Hy op ‘n manier wat die beste vir ons is, maar nie noodwendig soos ons dit wou gehad het nie. Hoekom sou God ons gebede beantwoord op ‘n manier wat ons nie aanstaan nie? Vir ons wat God liefhet, herinner Dr. Thiel ons aan die Skrifgedeelte in Romeine 8:28-30. Hoe moet ons bid? Dr. Thiel werp die lig van die Bybelverse op daardie vraag met antwoorde in sy gratis aflaaibare e-boek met 28 wenke oor hoe om die doeltreffendheid van ons gebede te verbeter. Kyk na hierdie video om jou eie gebedslewe te verbeter en ‘n groter seën te word vir jou geliefdes, dié naby jou, en dié wat ly en wat jy nie eens ken nie, deur die krag van gebed. Lees die volledige artikel by hierdie video getiteld “Gebed werk en help met genesing” by URL: https://www.cogwriter.com/news/doctrine/prayer-works-and-aids-healing/
