
Op 17 Januarie 2026 het die Europese Unie ‘n handelsverdrag met die Mercosur-groep van lande onderteken. Is dit ‘n groot saak? Dit is die grootste handelsverdrag wat ooit deur Brussel of Latyns-Amerika afgesluit is, en dit raak alle lande van die Europese Unie en alle lande van die Mercosur-groep, in totaal 700 miljoen mense. Ja, dit is ‘n groot saak. Wat was die dryfkrag agter hierdie handelsverdrag, wat meer as 25 jaar geneem het om voor te berei? Donald Trump! Maar is daar enige nadele aan die handelsverdrag? Is daar enige Bybelse profesieë wat nou, voor ons oë, ten minste gedeeltelik waar word?